Wie is ons

Liefdadigheid & entrepreneurskap

ATTSA is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat bydra tot die ontwikkeling van ons gemeenskap deur die bestuur en samewerking van verskeie onafhanklike projekte en organisasies.

Ons storie

Die ATTSA is geskep as 'n organisasie wat ons Afrikaanse gemeenskappe, taal en kultuur met hart wil bevorder. Ons glo in mense en daarom is die grootste geskenk wat ons vir mense kan gee, trots.

ATTSA is die uitvoerende arm van Aquafer Foundation wat 'n volhoubare verskil in die gemeenskap maak. Ons projekte spreek die behoeftes aan wat aan armoede gekoppel is. Dit sluit onder andere voedingsprogramme, korttermyn uitreikaksies sowel as langtermyn oplossings soos opleiding in.

ATTSA is afhanklik van die breër gemeenskap en van korporatiewe vennote om in ons projekte te belê, ten einde gemeenskapsinstellings te begelei tot finansiële selfstandigheid.

Missie

Om gemeenskapsinstellings te begelei tot finansiële selfstandigheid deur professionele fondsbestuur, opleiding en projekte wat mense se waardigheid herstel.

Doelstellings

  • Hulp met Hart
  • RED ons Kampe / RED ons Kinders
  • Gemeenskapsdienste
  • Werkskepping
  • Toekomstuistes
  • Opvoeding & Opleiding
  • Gemeenskap Ontwikkeling

Bestuur & deursigtigheid

Ons bestuur en administreer alle fondse konsekwent volgens die vooraf bepaalde voorwaardes en regulasies. Dié diens sluit in die hantering van alle administratiewe pligte asook fasilitering van toekennings, projekte, skenkings en borgskappe. ATTSA se personeel is hoogs bekwaam met 'n uitsonderlike werksetiek en 'n diep sin vir verantwoordelikheid.

Jaarverslae

Ons direkteure

Dinah Bronkhorst

Direkteur · 22+ jaar in nie-winsgewende leierskap

Dinah Bronkhorst lei ATTSA se opleidingsarm, Kennis in Aksie, met meer as 22 jaar se ondervinding in nie-winsgewende leierskap.

Duisende NPO's word jaarliks geregistreer. Baie begin met passie, maar sonder die kennis en vaardighede vir langtermynsukses. Haar werkswinkel, “Bou 'n werkbare NWO”, dek korporatiewe bestuur, finansiële bestuur, fondsinsameling, bemarking, wetlike nakoming, strategie en volhoubaarheid.

ATTSA se oplossing is praktiese kennis wat toegepas word om volhoubare organisasies en meetbare gemeenskapsimpak te bou: opleiding, mentorskap, werkswinkels, webinare en praktiese templates.

Kennis in Aksie werkswinkelplakkaat: Bou 'n werkbare NWO met Dinah Bronkhorst, R1 550 per persoon
Werkswinkel: Bou 'n werkbare NWO · R1 550 p.p. · dinah@attsa.org · 072 126 1158

Ons werk in beeld

Ons werk in beeld 1Ons werk in beeld 2Ons werk in beeld 3Ons werk in beeld 4Ons werk in beeld 5Ons werk in beeld 6