
Op elke dorpsplein, in stil strate en agter geslote deure, is daar mense wat elke dag opstaan om wonde te verbind, kos te deel of 'n kind te troos. Hulle vra nie erkenning nie. Hulle vra net dat die werk moet kan aanhou.
ATTSA se rol is om daardie helpers te help. Deur fondse professioneel te bestuur, administrasie oor te neem en borge met projekte te verbind, sorg ons dat elke rand op die regte plek land en dat organisasies wat goed doen, kan bly bestaan.
Dit is die nalatenskap wat ons wil bou: nie 'n eenmalige geskenk nie, maar strukture wat oor jare volhoubaar bly werk.
