Terug na stories

19 Januarie 2023

Groei Goggas vlieg Graad R binne

Groei Goggas vlieg Graad R binne

"Ons het gister gesien hoe 'n sirkel voltooi is. Jy kan duidelik sien hoe elke kind gegroei het," het een van die opvoeders gesê toe die Groei Goggas-groep hulle jaar afsluit.

Die Groei Goggas-projek fokus op vroeë kinderontwikkeling en berei kinders voor vir Graad R. Kinders wat met beperkte blootstelling begin, stap met selfvertroue, taalvaardigheid en 'n liefde vir leer die formele skoolstelsel binne.

Vroeë intervensie is een van die goedkoopste en kragtigste beleggings wat 'n donateur in 'n gemeenskap kan maak.